Monthly Archives: April 2016

Guthrie & Theron Caledon brei uit met eiendomsagentskap

Sedert die begin van 2016 het Guthrie & Theron Prokureurs Caledon twee Picture1
eiedomsagentskapkantore geopen. Die eerste kantoor is geleë in dieselfde gebou as die prokureurskantoor te Hoopstraat 19. Hul eiendomsagent hier is Antoinette du Toit

082 417 9611 / 028 212 1060, antoinette@gtproperty.co.za

Dan is daar ‘n tweede kantoor in Riviersonderend oopgemaak wat ook geleë is in die in Hoofstraat  by Kantoor nr.1 langs die Shell vulstasie op linkerkant.

Hier is Guthrie & Theron se eiendomsagent  Adri Schneeberger

072 498 8711 of  028 050 0770; adri@gtproperty.co.za

Kontak hulle gerus vir enige eiendomsnavrae.

Picture2

Guthrie & Theron Prokureurs Caledon verhuis en word 120 jaar oud

GT

Sedert die aanbreek van 2016 was daar groot bedrywigheid en heelwat nuwe verwikkelinge by Guthrie &Theron Prokureurs, Caledon.

Onlangs het hulle kantore verskuif na hulle nuwe gebou te Hoopstraat 19, net onder Victoria Mall en langs Heidehof Tehuis vir bejaardes.

Verder het hierdie prokureursfirma nou uitgebrei en bied hulle ook nou die dienste van hul nuwe eiendomsagentskapkantoor  op dieselfde perseel  aan.

Guthrie & Theron Prokureurs  vier ook hierdie jaar met trots hul 120ste verjaardag. Hierdie regsfirma is gestig in 1896 en was sedertdien intrinsiek deel van die geskiedenis van Caledon. Na al die jare van deel wees in die lief en leed van baie van die inwoners van Caledon deur opstel testamente, boedels, oordragte van eiendomme  en hofwerk, is hierdie regsfirma nog steeds dinamies bedrywig om daagliks kliënte te voorsien van die regshulp wat hul belange op die hart dra.