Monthly Archives: November 2014

Die benoeming van ‘n eksekuteur in my testament

A3Hierdie is ‘n onderwerp waaroor al hoe meer besprekings en argumente plaasvind en dit is ook so dat individue meer ingelig raak oor wat die fooie is waarop die Eksekuteur van ‘n boedel geregtig is en hoe die fooie bereken word.

Soos ons in vorige atikels melding gemaak het, word die maksimum vergoeding waarop ‘n Eksekuteur geregtig is deur wetgewing vasgestel. Die huidige Eksekuteursvergoeding waarop ‘n Eksekuteur geregtig is, beloop tans 3.5% van die bruto boedelwaarde plus 14% BTW (indien die Eksekuteur natuurlik vir BTW geregistreer is).

Op die oog af blyk dit dat die vergoeding teen ‘n billike of selfs baie lae persentasie gehef word, maar kom ons illustreer dit met ‘n voorbeeld:

Kom ons veronderstel die bruto boedelwaarde beloop R2 miljoen. Neem kennis dat weens die drastiese stygings in die waarde van onroerende eiendomme oor die laaste paar jare, ‘n boedel met ‘n bruto waarde van R2 miljoen maklik haalbaar en baie realisties is indien u onroerende eiendom besit.

R2 miljoen x 3.5% = R70 000-00

Plus 14% BTW = R9 800-00

Totale Eksekuteursvergoeding = R79 800-00

Laasgenoemde Eksekuteursvergoeding sluit nie enige ander administrasiekostes bv. oordragkostes van die onroerende eiendom of begrafniskostes in nie. Dit is dus duidelik dat kostes om die administrasie van ‘n boedel met ‘n waarde van R2 miljoen af te handel maklik meer as R100 000 kan beloop. Die gevolg is dat individue al hoe meer oorweging daaraan gee om die langslewende of ‘n ander familielid as Eksekuteur te benoem, met die veronderstelling dat die genomineerde Eksekuteur dan in ‘n posisie geplaas word om die Eksekuteursvergoeding met ‘n instelling te onderhandel, wat dan as die genomineerde Eksekuteur se agent sal optree.

Dit gebeur egter dat die genomineerde Eksekuteur (bv. die langslewende gade) nie deeglik ingelig word oor wat hy/sy te doen staan indien sy/haar gade te sterwe sou kom nie en gevolglik stel hy/sy die eerste agent aan wat sy/haar dienste aanbied, geen onderhandeling vind plaas nie en die agent hef dus maar nog steeds die volle tarief wat deur wetgewing vasgestel word.

Ons aanbeveling is dus die volgende:

  1. Benoem die langslewende of ‘n ander familielid as Eksekuteur van jou boedel, maar maak seker dat die benoemde Eksekuteur deeglik kennis dra dat hy/sy die Eksekuteursvergoeding met ‘n instelling kan onderhandel; of
  2. Indien jy voldoende vertroue in ‘n instelling het, benoem die instelling as Eksekuteur van jou boedel, maar onderhandel die Eksekuteursvergoeding voortydig en maak die ooreengekome tarief in die testament vas. Moet dit dus nie aan iemand anders oorlaat om na jou afsterwe oor Eksekuteursfoooie te onderhandel nie.

Hierdie is ‘n algemene inligtingstuk en moet gevolglik nie as regs- of ander professionele advies benut word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u regsadviseur vir spesifieke en toegepaste advies.

Can somebody take the law into his/her own hands?

A2The mandament van spolie is a summary remedy, usually issued upon urgent application, aimed at restoring control of property to the applicant from whom it was taken through unlawful self-help, without investigating the merits of the parties’ rights to control.

From the definition above it is evident that this remedy is unique, because it is not used to protect rights at all. The mandament van spolie is a unique remedy aimed at undoing the results of the taking of property by means of self-help. The idea is that people should enforce and protect their property rights by legal means and procedure, and not by self-help and force, because self-help eventually results in chaos and anarchy. For this reason it is usually said that this remedy is based upon the principle that nobody is allowed to take the law into his/her own hands. Due to its aim of restoring peace and order and discouraging self-help, the spoliation remedy does not investigate the merits of any of the parties’ interest in the property and neither of the parties is allowed to raise the question of rights. The court is simply concerned with the factual investigation, namely whether there is proof of existing control and proof of unlawful spoliation of that control. If there was in fact existing control and unlawful spoliation the court will order the spoliator to restore the spoliated control to the applicant immediately, regardless of whether that control was in fact unlawful or even legal.

The spoliation remedy is aimed at preserving peace and order in the community. People cannot be permitted to circumvent the remedy by contract. Parties to a contract cannot agree that one of them will be permitted to take property from the other without proper legal procedure. The requirements for this remedy were set out in two classic decisions that are still the most important authorities in this regard, namely Nino Bonino v De Lange 1906(T) and Yeko v Qana 1973(A).

  1. Proof that the applicant was in peaceful and undisturbed control of the property. The first requirement means that the applicant had control over the property in question. For purposes of the spoliation remedy this control must have existed “peacefully and undisturbed” for a period long enough, and in a manner stable enough, to qualify any unlawful disturbance of the peace. The requirement that the control must have been peaceful and undisturbed does not refer to its legal merits, but simply to the fact that it must have been relatively stable and enduring. If not, there can hardly be a question of disturbance of the situation.
  1. Proof that the respondent took or destroyed that control by means of unlawful self-help or spoliation. The second requirement for the spoliation remedy is that the existing peaceful and undisturbed control must have been unlawfully spoliated by the respondent.

One can, therefore, safely say that possession is 90% of the law. The reason for this is that spoliation is not permitted in our law. The person must use the legal processes at his disposal and cannot take the law into his own hands.

References:

A J van der Walt & G J Pienaar: Introduction to property law, 5th edition, pg 218-223.

 This article is a general information sheet and should not be used or relied on as legal or other professional advice. No liability can be accepted for any errors or omissions nor for any loss or damage arising from reliance upon any information herein. Always contact your legal adviser for specific and detailed advice.

Implikasies van boedelbelasting

A1Boedelbelasting word, kragtens die Wet op Boedelbelasting, gehef op die belasbare waarde van die boedel. Die algemene reël is dat indien die belastingbetaler gewoonlik in Suid-Afrika woonagtig is ten tye van sy/haar dood, al die bates (insluitend eiendom geag eiendom te wees), waar ook al geleë, ingesluit sal word in die brutowaarde van die boedel vir die bepaling van die boedelbelasting daarop betaalbaar.

Tans bedra boedelbelasting 20% van die belasbare waarde van die boedel. Buitelanders/nie-inwoners betaal ook boedelbelasting op hulle eiendom in Suid-Afrika.

Om die gevolge van boedelbelasting te minimaliseer, moet ‘n mens die berekening daarvan verstaan. Die volgende is van toepassing in die bepaling van jou aanspreeklikheid:

  1. Watter eiendom ingesluit moet word.
  2. Watter eiendom “geagte eiendom” is.
  3. Toelaatbare aftrekkings: die moontlikeaftrekkingswat toegelaat wordby die bereddering van die 

Eiendom sluit in alle eiendom of enige reg op eiendom, inbegrepe roerende of onroerende, liggaamlike of onliggaamlike eiendom wat geregistreer is in die oorledene se naam tydens sy/haar dood. Dit sluit ook sekere tipes annuïteite, opsies om grond of aandele te koop, welwillendheid en intellektuele eiendom in. 

Geagte eiendom

  1. Versekeringspolisse
    • Sluit opbrengste in van binnelandse versekeringspolisse (betaalbaar in Suid-Afrika in die Suid-Afrikaanse geldeenheid [ZAR]), uitgeneem op die lewe van die oorledene, ongeag wie die eienaar (begunstigde) is.
    • Die opbrengs van so ‘n polis is onderhewig aan Dit kan egter verminder word met die bedrag van die premies, plus rente teen 6% per jaar, in die mate wat die premies deur ‘n derde persoon (die begunstigde) wat geregtig is op die opbrengs van die polis, betaal is. Premies betaal deur die oorledene is nie vir boedelbelastingdoeleindes aftrekbaar van die opbrengs nie.
    • As die opbrengs van ‘n polis betaalbaar is aan die langslewende eggenoot of aan ‘n kind van die oorledene kragtens ‘n behoorlik geregistreerde huweliksvoorwaardekontrak (d.w.s. geregistreer by die Aktekantoor) sal die polis geheel en al vrygestel wees van boedelbelasting.
    • Waar ‘n polis deur besigheidsvennote uitgeneem word op mekaar se lewens en daar aan sekere kriteria voldoen word, word die opbrengs van boedelbelasting vrygestel.
  1. Voordele betaalbaar deur pensioen- en ander fondse deur of as gevolg van die dood van die oorledeneBetalings deur sodanige fondse (pensioen-, aftree-annuïteit-, voorsorgfondse) bestaan gewoonlik uit twee komponente – ‘n enkelbedrag by die dood en ‘n annuïteit daarna. Die enkelbedragkomponent was vroeër onderhewig aan boedelbelasting, maar vanaf  1 Januarie 2009 word geen bedrag wat ontvang is van so ‘n fonds ingesluit by die boedel van die oorledene vir boedelbelastingdoeleindes nie.
  1. Skenkings ten tye van doodSkenkings waar die begunstigde nie sal baat tot en met die afsterwe van die skenker nie, en waar die skenking slegs realiseer as die skenker te sterwe kom, is nie onderworpe aan skenkingsbelasting nie. Dit moet ingesluit word as ‘n bate in die oorledene se boedel en is onderhewig aan boedelbelasting.
  1. Eise kragtens die Wet op Huweliksgoedere (aanwas-eise)‘n Aanwas-eis wat die boedel van ‘n oorledene teen die langslewende gade het, is eiendom geag eiendom te wees in die oorledene se boedel.
  1. Eiendom wat die oorledene by magte was om te vervreem onmiddellik voor sy dood (Artikel 3(3)(d) van die Wet op Boedelbelasting), soos byvoorbeeld om ‘n bate aan ‘n trust te skenk, kan beskou word geagte eiendom te wees. 

Aftrekkings

Sommige van die belangrikste toelaatbare aftrekkings is die volgende:

  1. Die koste van diebegrafnis, grafsteen en sterfbeduitgawes.
  1. Skulde wat op datumvan afsterwe verskuldig is aan persone wat primêr woonagtig is in Suid-Afrika.
  1. Die mate waarin hierdie skulde vereffen moet word uit eiendom ingesluit in die boedel. Dit sluit in die oorledene se inkomstebelasting betaalbaar (ook kapitaalwinsbelasting) tot en met datum van afsterwe.
  1. Buitelandse bates en regte:
    • Die algemene reël is dat buitelandse bates en regte van ‘n Suid-Afrikaanse burger, waar ook al geleë, as ‘n bate by sy boedel ingesluit is.
    • Diewaardedaarvankan egterafgetrek word virboedelbelastingdoeleindes waar sodanige buitelandse eiendom verkry is voor die oorledene vir die eerste keer gewoonlik woonagtig in Suid-Afrika geword het, of die eiendom bekom is by wyse van skenking of erflating van ‘n nie-burger nadat die begunstigde vir die eerste keer gewoonlik woonagtig in Suid-Afrika geword het (met dien verstandedat die skenkeroferflater niegewoonlik woonagtig inSuid-Afrika was ten tye van die skenkingof dood nie). Die bedrag van enige winste of opbrengs van enige sodanige eiendom is ook aftrekbaar.
  1. Skulde en laste verskuldig aan nie-inwoners:
    Skulde en laste verskuldig aan nie-inwoners is aftrekbaar, maar slegs in die mate wat sodanige skuld die waarde van die oorledene se bates geleë buite Suid-Afrika wat nie in die belasbare boedel ingesluit is nie, oorskry.
  1. Bemakings aan sekere openbare weldaadorganisasies:
    Waar eiendom bemaak is aan openbare weldaad- of welsynsorganisasies wat vrygestel is van inkomstebelasting, of aan die Staat of enige plaaslike owerheid in Suid-Afrika, sal die waarde van sulke eiendom van boedelbelasting afgetrek kan word.
  1. Eiendom bemaak aan langslewende gade [Artikel 4(q)]:
    • Dit sluit in daardie deel van die waarde van die eiendom wat aan die langslewende gade bemaak is en wat nog nie as ‘n aftrekking toegelaat is nie.
    • Let daarop dat die opbrengs van ‘n polis betaalbaar aan die langslewende gade, as geagte eiendom in die boedel ingesluit word vir boedelbelastingdoeleindes, maar dat dit aftrekbaar is kragtens Artikel 4(q).
    • Artikel4(q)-aftrekkings sal nie toegestaan ​​wordwaar dieeiendom watgeërfis onderhewig is aan ‘n erflatingsprys nie.
    • Artikel 4(q)-aftrekkings sal nie toegestaan word waar die bemaking is aan ‘n trust wat tot die voordeel van die langslewende gade geskep is, indien die trustee(s) ‘n diskresie het om sodanige eiendom of enige inkomste daaruit aan enige ander persoon buiten die langslewende gade te allokeer nie (‘n diskresionêre trust). Waar die trustee(s) geen diskresie met betrekking tot beide die inkomste en kapitaal van die trust het nie, kan die Artikel 4(q)-aftrekking toegestaan word (‘n gevestigde trust).

Toelaatbare R 3.5 miljoen-afrekking tussen gades

Die Wet maak voorsiening dat die R3.5 miljoen-aftrekking van boedelbelasting van die oorledene verplaas kan word na die langslewende gade sodat die langslewende gade ‘n R7 miljoen-aftrekking kan gebruik by sy/haar dood. Die verplaasbaarheid van die aftrekking is slegs van toepassing as die hele waarde van die boedel van die eerssterwende gade nagelaat is aan die langslewende gade. 

Lewensversekering vir boedelbelasting

Boedelbelasting sal normaalweg ook gehef word op hierdie versekeringsopbrengste.

Bron: Moore Stephens se “Estate Planning Guide”.

Hierdie is ‘n algemene inligtingstuk en moet gevolglik nie as regs- of ander professionele advies benut word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u regsadviseur vir spesifieke en toegepaste advies.