Enige persoon met ‘n inkriminerende uitslag op ‘n alkoholblaastoets of bloedtoets by ‘n padblokkade, kan gearresteer word op ‘n klagte van bestuur onder die invloed van alkohol. Jy is ook nie geregtig om te weier om getoets te word nie.
Volgens ‘n onlangse uitspraak van die Appèlhof is hierdie toetse deurslaggewend vir regmatige arrestasie. In die afwesigheid van so ‘n toetsresultaat kan die polisie nie ‘n motoris regmatig arresteer waar die beampte se vermoede slegs gebaseer is op “die blote feit dat hy liggies na alkohol ruik” nie.
Die arrestasie en aanhouding
- ‘n Polisiebeampte wat van diens af was, is deur sy kollega gearresteer. Die kollega het vermoed dat hy onder die invloed van drank bestuur het. Hy het self die ander beamptes afgetrek om hulp te vra, nadat sy motor in die nag op ‘n gevaarlike plek van die pad gery het en in ‘n sloot vasgeval het.
- Hy is vir vier en ‘n half ure in onmenslike en verskriklike toestande in die polisieselle aangehou, voordat ‘n bloedtoets bevestig het dat hy wel onder die wettige perk was. Die strafregtelike klagte teen hom was gevolglik teruggetrek. Continue reading