Category Archives: Belasting reg

Belastingbedrog : SARS Bly Streng

“There is no kind of dishonesty into which otherwise good people more easily and frequently fall than that of defrauding the government” (Benjamin Franklin)

Die Hoë Hof het weereens gewys dat belastingontduikers en ander witboordjie- misdadigers geen genade kan verwag nie.

Die misdaad 

‘n Streekshof het ‘n rekenmeester skuldig bevind aan 20 klagtes van bedrog teenoor SARS. Die rekenmeester het verskillende maatskappye met vals inligting geskep en geregistreer; daarna het hy vals fakture en BTW opgawes gegenereer en by SARS ingedien. SARS het onverskuldigde BTW terugbetalings van R425 843-33 uitbetaal, voordat hulle hierdie belastingbedrog ontdek het. Continue reading