Category Archives: Consumer Law

Die verbruiker se regte onder die Wet op Verbruikersbeskerming

A3Kan ‘n verbruiker jou, die diensverskaffer, hof toe sleep omdat die verbruiker nie sommige van die terme en voorwaardes van jou getekende kontrak verstaan nie? Pasop, die antwoord is Ja!

Vanaf April 2011 het die Wet op Verbruikersbeskerming in volle werking getree, met die gevolg dat dit nou onwettig is om moeilik-om-te-verstaan ​​taal in enige besigheidsdokument of kontrak te gebruik.

Besigheid gaan gewoonlik gepaard met baie papierwerk, of dit nou ‘n kontrak, ‘n brief, `n ooreenkoms of selfs ‘n instruksieboekie is. Hierdie noodsaaklike dokumente is dikwels geskryf in taal wat ​​vir die gemiddelde verbruiker moeilik is om te verstaan.

Die rede waarom daar spesifieke Eenvoudige Taal-regulasies in die Wet op Verbruikersbeskerming vervat is, is om die verbruikers te beskerm teen die ondertekening van dokumente wat hulle nie verstaan ​​nie.

Beskerming van die verbruiker 

Die Wet se uitdruklike doel is om seker te maak dat verbruikers nie onbillik behandel word nie – doelbewus of  nie. Dit beteken dat die gebruik van eenvoudige taal nou belangriker is as ooit. Die gebruik van vae en verwarrende bewoording, veral in bindende kontrakte, word nie meer toegelaat nie. Om dit eenvoudig te stel, dit is onwettig!

Te veel verbruikers het vroeër in groot moeilikheid beland, veral finansiële moeilikheid, omdat hulle nie verstaan ​het ​wat hulle onderteken het nie. Soms is kontrakte geskryf in opgeblase, burokratiese styl net omdat dit is hoe dit nog altyd was, of omdat die mense wat die kontrakte opstel bloot nie geweet het van enige ander manier om dit te doen nie.

Dikwels, egter, het gewetenlose besighede opsetlik ingewikkelde taal gebruik as ‘n manier om verbruikers te mislei om te betaal vir iets wat hulle nie kan bekostig nie, hul regte weg te teken, of om in te stem tot onbillike terme en voorwaardes.

Omskrywing van eenvoudige taal 

Die Wet op Verbruikersbeskerming definieer eenvoudige taal in Deel D, Artikel 22 soos volg:

“By die toepassing van hierdie Wet, is ’n kennisgewing, dokument of visuele voorstelling in gewone taal, indien dit redelik is om tot die gevolgtrekking te kom dat daar van ’n gewone verbruiker van die klas van persone vir wie die kennisgewing, dokument of visuele voorstelling bedoel is, met gemiddelde geletterdheidsvaardighede en minimale ondervinding as ’n verbruiker van die betrokke goedere of dienste, verwag kan word om die inhoud, betekenis en belang van die kennisgewing, dokument of visuele voorstelling sonder onnodige inspanning te verstaan, met inagneming van: 

  1. Die samehang, omvattendheid en konsekwentheid van die kennisgewing,dokument of visuele voorstelling;
  2. Die organisering, vorm en styl van die kennisgewing, dokument of visuelevoorstelling;
  3. Die woordeskat, gebruik en sinstruktuur van die kennisgewing, dokumentof visuele voorstelling; en
  4. Die gebruik van illustrasies, voorbeelde, opskrifte of ander hulpmiddelsom te lees en te verstaan.” 

Dit beteken dat ‘n mens nie dinge so wyd kan omskryf dat dit op verskeie maniere verstaan of geïnterpreteer kan ​​word nie. Die Wet bepaal dat indien daar enige twyfel oor die betekenis van sekere woorde of terme en voorwaardes is, die voordeel ten gunste van die verbruiker sal wees.

Selfs advertensies en bemarking mag nie meer enige onduidelikheid vir die verbruiker daarstel nie. Advertensies word nie toegelaat om te oordryf nie en moet maklik verstaanbaar, regverdig en eerlik wees. Die Wet bepaal dus dat diensverskaffers alles in duidelike en eenvoudige taal wat verbruikers kan verstaan, moet uitspel. Alternatiewelik het  die verbruikers die reg op blootlegging en inligting in eenvoudige en verstaanbare taal.

Dus, moenie uitstel nie. Indien  jy ‘n besigheidsdokument of kontrak het wat al jare gebruik word, moet jy dalk met ander oë daarna kyk en dit wysig of herbewoord ten einde te verseker dat dit voldoen aan die Wet op Verbruikersbeskerming.

Hierdie is ‘n algemene inligtingstuk en moet gevolglik nie as regs- of ander professionele advies benut word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u regsadviseur vir spesifieke en toegepaste advies.

The interplay between the Consumer Protection Act and the National Credit Act

A1blMr Black buys a BMW car in terms of a hire purchase agreement and the financing is done through BMW Finance. After a few months Mr Black inherits a huge sum of money and decides that he wants to settle the outstanding amount. Mr Black’s concern is whether the credit provider is entitled to charge a penalty fee for early settlement of the outstanding finance amount.

The first step in answering the abovementioned question will be to determine which laws regulate the situation. The legislation that applies here will be the National Credit Act 34 of 2005 and the Consumer Protection Act 68 of 2008.

In the above scenario a distinction should be drawn between the scope of each of these Acts, as the one pertains to the credit agreement itself and the other to the goods, being the BMW car. Section 5 of the Consumer Protection Act lists the situations in which this Act will apply. Section 5(2)(d) is of particular interest to Mr Black as it excludes credit agreements which are regulated by the National Credit Act. However, the goods or services provided in terms of the credit agreement are included and will be regulated by the Consumer Protection Act, whereas credit agreements as contemplated in the National Credit Act, specifically section 8(4)(c), includes hire purchase agreements (instalment agreements) in the ambit of the National Credit Act.

Mr Black’s situation illustrates the position as stated in Article 5(2)(d) of the Consumer Protection Act. The implication of this section is that all credit agreements that are subject to the National Credit Act will be governed by the National Credit Act, but the goods and services in terms of the agreement will fall within the scope of the Consumer Protection Act. It is here that the above acts overlap with each other. The overlap actually lies in that both acts can apply to one agreement. The credit agreement must comply with the National Credit Act, but the goods and services must comply with the Consumer Protection Act. If there is a defect in the quality of the goods or the service the Consumer Protection Act will provide the appropriate remedy, but if it is about the credit agreement itself, then the National Credit Act will apply.

Section 2(9) of the Consumer Protection Act deals with the interpretation of the Act and more specifically on how the law has to be interpreted in cases where there are discrepancies between the Consumer Protection Act and any other law. The Consumer Protection Act should be read in harmony with other legislation as far as possible, but if it is not possible, then the law that offers the most protection to the consumer shall apply.

The two sections in the National Credit Act which deals with the early settlement of credit agreements are sections 122 and 125 of the Act. According to section 122 of the National Credit Act, a consumer may terminate the credit agreement at any time. The consumer can do this by paying the settlement amount as calculated in accordance with section 125 of the National Credit Act.

Section 125 states that a consumer is entitled to cancel a credit agreement at any time with or without prior notice to the credit provider. The settlement amount will be the sum of the following amounts:
• The outstanding balance of the principal debt / capital amount.
• All rates and charges up to and including the settlement date. For example, if the outstanding amount can be settled after 3 months, then 3 months’ interest would be charged. The interest will be calculated on the principal amount borrowed.

In the case of a large credit agreement (R250 000.00 or more) the outstanding amount will be calculated as above, but with additional interest, known as an early settlement fee. The fee may not exceed an amount equal to three months’ interest on the capital amount.

Conclusion:
Therefore, if the BMW that Mr Black bought was worth more than R250 000.00 the credit provider will be entitled to charge a penalty fee of not more than 3 months’ interest on the capital amount. In the event that the purchased item’s worth is less than R250 000.00 the credit provider will not be entitled to charge a penalty fee.

This article is a general information sheet and should not be used or relied on as legal or other professional advice. No liability can be accepted for any errors or omissions nor for any loss or damage arising from reliance upon any information herein. Always contact your legal adviser for specific and detailed advice.

Click here to view full disclaimer

Die verbruiker se regte onder die Wet op Verbruikersbeskerming

article-2-SeptemberKan ‘n verbruiker jou, die diensverskaffer, hof toe sleep omdat die verbruiker nie sommige van die terme en voorwaardes van jou getekende kontrak verstaan nie? Pasop, die antwoord is Ja!

Vanaf April 2011 het die Wet op Verbruikersbeskerming in volle werking getree, met die gevolg dat dit nou onwettig is om moeilik-om-te-verstaan ​​taal in enige besigheidsdokument of kontrak te gebruik.

Besigheid gaan gewoonlik gepaard met baie papierwerk, of dit nou ‘n kontrak, ‘n brief, `n ooreenkoms of selfs ‘n instruksieboekie is. Hierdie noodsaaklike dokumente is dikwels geskryf in taal wat ​​vir die gemiddelde verbruiker moeilik is om te verstaan.

Die rede waarom daar spesifieke Eenvoudige Taal-regulasies in die Wet op Verbruikersbeskerming vervat is, is om die verbruikers te beskerm teen die ondertekening van dokumente wat hulle nie verstaan ​​nie.

Beskerming van die verbruiker

Die Wet se uitdruklike doel is om seker te maak dat verbruikers nie onbillik behandel word nie – doelbewus of  nie. Dit beteken dat die gebruik van eenvoudige taal nou belangriker is as ooit. Die gebruik van vae en verwarrende bewoording, veral in bindende kontrakte, word nie meer toegelaat nie. Om dit eenvoudig te stel, dit is onwettig!

Te veel verbruikers het vroeër in groot moeilikheid beland, veral finansiële moeilikheid, omdat hulle nie verstaan ​het ​wat hulle onderteken het nie. Soms is kontrakte geskryf in opgeblase, burokratiese styl net omdat dit is hoe dit nog altyd was, of omdat die mense wat die kontrakte opstel bloot nie geweet het van enige ander manier om dit te doen nie.

Dikwels, egter, het gewetenlose besighede opsetlik ingewikkelde taal gebruik as ‘n manier om verbruikers te mislei om te betaal vir iets wat hulle nie kan bekostig nie, hul regte weg te teken, of om in te stem tot onbillike terme en voorwaardes.

Omskrywing van eenvoudige taal

Die Wet op Verbruikersbeskerming definieer eenvoudige taal in Deel D, Artikel 22 soos volg:

By die toepassing van hierdie Wet, is ’n kennisgewing, dokument of visuele voorstelling in gewone taal, indien dit redelik is om tot die gevolgtrekking te kom dat ’n gewone verbruiker van die klas van persone vir wie die kennisgewing, dokument of visuele voorstelling bedoel is, met gemiddelde geletterdheidsvaardighede en minimale ondervinding as ’n verbruiker van die betrokke goedere of dienste, verwag kan word om die inhoud, betekenis en belang van die kennisgewing, dokument of visuele voorstelling sonder onnodige inspanning te verstaan, met inagneming van:

  • Die samehang, omvattendheid en konsekwentheid van die kennisgewing, dokument of visuele voorstelling;
  • Die organisering, vorm en styl van die kennisgewing, dokument of visuele voorstelling;
  • Die woordeskat, gebruik en sinstruktuur van die kennisgewing, dokument of visuele voorstelling; en
  • Die gebruik van illustrasies, voorbeelde, opskrifte of ander hulpmiddels om te lees en te verstaan.

Dit beteken dat ‘n mens nie dinge so wyd kan omskryf dat dit op verskeie maniere verstaan of geïnterpreteer kan ​​word nie. Die Wet bepaal dat indien daar enige twyfel oor die betekenis van sekere woorde of terme en voorwaardes is, die voordeel ten gunste van die verbruiker sal wees.

Selfs advertensies en bemarking mag nie meer enige onduidelikheid vir die verbruiker daarstel nie. Advertensies word nie toegelaat om te oordryf nie en moet maklik verstaanbaar, regverdig en eerlik wees. Die Wet bepaal dus dat diensverskaffers alles in duidelike en eenvoudige taal wat verbruikers kan verstaan, moet uitspel. Alternatiewelik het  die verbruikers die reg op blootlegging en inligting in eenvoudige en verstaanbare taal.

Dus, moenie uitstel nie. Indien  jy ‘n besigheidsdokument of kontrak het wat al jare gebruik word moet jy dalk met ander oë daarna kyk en dit wysig of herbewoord ten einde te verseker dat dit voldoen aan die Wet op Verbruikersbeskerming.

Hierdie is ‘n algemene inligtingstuk en moet gevolglik nie as regs- of ander professionele advies benut word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u regsadviseur vir spesifieke en toegepaste advies.

Kliek hier om die volledige vrywaring te sien

Trustees of Body Corporate not allowed to disconnect electricity or water supply to a section as a debt collection measure

article3The default of levy payments is a frequent problem for the trustees of body corporates as well as the managing agent.  It is the way in which the defaulting owner is treated and the outstanding debt collected, that will make the difference between a functioning, financially stable sectional title scheme and an impending disaster zone.

In these testing economic times, monthly levy payments are sometimes considered by owners of sectional title sections to be an optional expense in making ends meet on a tight budget.  Once an owner has got away with defaulting on one payment, habitual default becomes easy, and more so if the trustees and management agent are slow to react to the failure to pay.  The problem is worsened by the fact that the monthly levy is carefully calculated prior to the annual general meeting to be the minimum amount possible, in an attempt to accommodate the owners.  However, these small monthly levies could easily accrue over a few months to a significant amount, aggravated by interest and reflected as a substantial outstanding debt.

These non-payers place severe financial restraints on the cash flow of a body corporate which is largely dependent on the timeous monthly payments by all its members to fulfil its monthly obligations to, inter alia, municipalities regarding water and common area electricity usage, security, and general upkeep of the property.  If the body corporate does not have large financial reserves on which it can rely in the event of default by its members, the impact of the default can be severe and can cause unnecessary hardship for other owners. There are known instances of special levies raised in order to assist the body corporate in its financial hardship.

Many trustees and managing agents, in order to recover outstanding amounts, revert to taking the law into their own hands by cutting off the water and electricity supply to such members’ sections or units.  Some have even passed rules which allow for such actions.  Justifications for these actions by trustees and management agents are abundant, but none of these are legally sound or will stand in court.

By withholding the water and/or electricity supply to the section, whether or not it is allowed for in the rules, the trustees and management agent not only disregard the owner’s constitutional rights to access to water as well as the provisions of the electricity act, but also specific stipulations of the Sectional Title Act, Act 95 of 1986 as amended (“the Act”) and confirmed in case law.  Such trustees and managing agents expose themselves and the trustees in their personal capacity, to an application by the owner and/or the occupier, against the spoliation of such services, or access with a court order for immediate re-connection.  The body corporate or management agent may not interfere with water and electricity services rendered to a section or unit.  The penalty will be a cost order, if not granted on a punitive scale, red faces, and a lot to answer to at the next annual general meeting.

The Act clearly stipulates in Section 37(2) that trustees must approach by action any court, including the Magistrate’s court, for recovery of any and all contributions levied under the provision of Section 37(1), which include monthly levies, special levies, interest, and legal costs on attorney and client scale.

The trustees and managing agent have no choice herein. Prompt debt collection action taken against any owner immediately on default, will be the best defence.  Therefore the trustees must ensure that the appointed management agent either has a proven track record or a detailed collection policy prior to appointment of such agent.  We all know that the wheels of justice turn slowly, and that it can take months for the default judgment to be granted and a warrant issued. By delaying the collection process the outstanding levy account increases exponentially, together with the burden on paying owners.

Therefore, the trustees themselves should keep a watchful eye on monthly payments and ensure that defaulting owners are immediately contacted by the management agent and, if they persist in the default, handed over to competent attorneys for collection.  The sooner, the better.  The old adage “absentee landlords gather no crops” is fitting, and trustees should ensure that the management agents attend to defaulters speedily and effectively in the interest of both their own property investment and that of the other owners in the sectional title scheme.

For further reading, see the judgment by Blieden J with Serobe AJ concurring in Queensgate Body Corporate v MJV Claesen delivered on 26 November 1998 in the Witwatersrand Local Division, case number A3076/1998, and case law referred to therein.

This article is a general information sheet and should not be used or relied on as professional advice. No liability can be accepted for any errors or omissions nor for any loss or damage arising from reliance upon any information herein. Always contact your financial adviser for specific and detailed advice.

Trustees van Beheerliggaam mag nie water of elektrisiteit na ‘n eenheid afsny as ‘n skuldinvorderingsmetode nie

article3Vir sowel die trustees van ‘n beheerliggaam as die bestuursagent is die wanbetaling van heffings ‘n probleem wat kort-kort opduik.  Dit is egter die wyse waarop die wanbetaler hanteer en die uitstaande skuld ingevorder word, wat die verskil gaan maak tussen ‘n behoorlik funksionerende en finasieël gesonde deeltitelskema, of ‘n dreigende rampgebied.

In hierdie taai ekonomiese tye beskou baie eienaars van eenhede in deeltitelskemas die betaling van die maandelikse heffing as ‘n opsionele uitgawe ten einde ‘n knypende begroting te laat klop.  As ‘n eienaar eers eenmaal daarmee weggekom het om nie die heffing te betaal nie, word so ‘n eienaar maklik in die versoeking gelei om gereeld wan te betaal, en te meer waar die Trustees en bestuursagent stadig reageer op die wanbetaling.  Die probleem word vererger deur die feit dat die maandelikse heffings versigtig bereken word voor die algemene jaarvergadering om so klein as moontlik te wees, juis ten einde eienaars tegemoet te kom.  Klein heffings word egter maklik oor ‘n paar maande ‘n wesentlike uitstaande skuld, vererger deur opgelope rente.

‘n Kontantvloei van ‘n beheerliggaam, wat grootliks afhanklik is van tydige betalings deur al die lede om die maandelikse verpligtinge; byvoorbeeld munisipale rekeninge vir waterverbruik, sekuriteit, die elektrisiteitsverbruik van gemeenskaplike areas en die gewone instandhouding van die eiendom na te kom, word ernstig benadeel deur wanbetalers. Waar ‘n beheerliggaam nie groot finansiële reserwes het om op te steun in die geval van wanbetaling deur die lede nie, kan ‘n paar wanbetalers ‘n onnodige finansiële las op ander lede plaas. Spesiale heffings is al in sommige gevalle ingestel om die beheerliggaam in staat te stel om die nodigste finansiële verpligtinge na te kom.

Baie trustees en bestuursagente neem soms die reg in eie hande ten einde die uitstaande bedrae in te vorder.  Van hierdie metodes sluit die (onwettige) afsny van elektrisiteits- en watertoevoer na die eenhede in.  In sommige gevalle het die beheerliggaam selfs reëls goedgekeur wat hierdie tipe optrede en aksies goedkeur.  Daar is legio regverdigings vir hierdie optrede deur trustees en bestuursagente, waarvan geen op goeie regsbeginsels berus of sal staan in die hof nie.

Waar trustees of bestuursagente die elektrisiteits- en/of watertoevoer van die betrokke eenheid (onwettig) afsny, of daarvoor voorsiening gemaak is in die reëls of nie, druis dit nie net in teen die eienaar se grondwetlike reg op water en teen die elektrisiteitswetgewing nie, maar is dit lynreg in botsing met die spesifieke bepalings van die Wet op Deeltitelskemas, Wet 95 van 1986 soos gewysig (“die Wet”). Hierdie standpunt is deur die howe bevestig.  Sodanige trustees en bestuursagente, en die trustees in hul persoonlike hoedanigheid, loop die risiko van ‘n aansoek deur die eienaar of okkupeerder teen die spoliëring van sulke dienste, of vir toegang met ‘n hofbevel vir onmiddellike aansluiting.   Die beheerliggaam of bestuursagent mag nie inbreuk maak op elektrisiteits- of watertoevoer aan ‘n eenheid nie.  ‘n Kostebevel ten gunste van die eienaar of okkupeerder, indien nie op ‘n bestrawwende skaal nie, rooi gesigte en baie vrae om te beantwoord op die volgende algemene vergadering, kan die lot van sulke trustees en die bestuursagent wees.

Die wet is onomwonde voorskriftelik in artikel 37 (2) en bepaal dat Trustees enige  hof, insluitende die Landdroshof, in ‘n aksie moet nader vir die verhaling van enige en alle bydraes gehef ingevolge artikel 37(1), wat kan insluit maandelikse heffings, spesiale heffings, rente, en regskoste op ‘n prokureur- en kliënteskaal. Nóg die trustees nóg die bestuursagent het enige keuse hieroor.

Tydige invorderingsoptrede teen eienaars wanneer wanbetaling geskied, is die beste verweer.  Die trustees moet derhalwe seker maak dat die aangestelde bestuursagent óf ‘n bewese invorderingsgeskiedenis óf ‘n gedetailleerde invorderingsplan het.  Ons is almal deeglik bewus daarvan dat die gereg sy eie gang gaan en dat dit soms maande kan neem voordat ‘n verstekvonnis toegestaan en ‘n lasbrief uitgereik word. Uitstel van die invorderingsproses vererger die probleem met die uitstaande heffingsrekening wat in ‘n oogwink ‘n kommerwekkende bedrag kan beloop, met ‘n gepaardgaande addisionele las vir betalende eienaars.

Trustees moet daarom maandelikse betalings wat ontvang word goed dophou en verseker dat wanbetalers onmiddelik en sonder versuim deur die bestuursagent aangespreek word.  As die wanbetaler volhard in sy optrede moet die aangeleentheid so spoedig moontlik oorhandig word aan ‘n bevoegde invorderingsprokureur.  Hoe gouer des te beter.  Die ou gesegde van “ver van jou goed naby jou skade” is in hierdie geval baie toepaslik.  Trustees moet verseker dat die bestuursagent spoedig en effektief aan enige wanbetaling aandag skenk, nie net in belang van hul eie eiendomsbelegging nie, maar ook die belang van ander eienaars in dieselfde deeltitelskema.

Lees gerus die uistpraak van Blieden R, met Serobe WR instemmend, in die aangeleentheid van  Queensgate Body Corporate v MJV Claesen gelewer op 26 November 1998 in die Witwatersrand Plaaslike Afdeling onder saaknommer A3076/1998, en die ander sake waarna daarin verwys word.

Hierdie is ‘n algemene inligtingstuk en moet gevolglik nie as regs- of ander professionele advies benut word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u regsadviseur vir spesifieke en toegepaste advies.

Verpligte aftrede: Wanneer is dit diskriminasie?

G&T_RetiredDiskriminasie op grond van ouderdom is ‘n vorm van outomatiese onbillike arbeidspraktyk. Wanneer ‘n werknemer dus aftree-ouderdom bereik en hy gevolglik afgedank word, sal die werkgewer moet bewys dat dit die ooreengekome of normale aftree-ouderdom is.

In praktyk sal die werkgewer twee dinge aan die Hof moet bewys:

  1. Dat daar reeds ‘n aftreebeleid in plek is, en
  2. Wat die aftreebeleid behels.

Die volgende feite het in ‘n onlangse saak voor die Arbeidsappèlhof gedien:

  • ‘n Groep Finansiële Direkteur het die ouderdom van 60 bereik, wat ook die maatskappy se aftree-ouderdom was. Die maatskappy het hom versoek om aan te bly. Hy is meegedeel dat die normale kennisgewingsperiode van toepassing sou wees wanneer die maatskappy later wou hê dat hy wel moes aftree.
  • Twee jaar later het die maatskappy hom in kennis gestel dat sy aftrede sou begin. Die partye was dit tydens die hofsaak eens dat die afdanking gebaseer was op die werknemer se ouderdom.
  • Hy het die saak na die Arbeidshof verwys en het beweer dat hy geregtig was om te werk tot met die ouderdom van 65.
  • Die Arbeidshof het ‘n maksimum vergoeding van 24 maande aan hom toegeken en het bevind dat die ontslag outomaties onbillik was.

Die maatskappy het die saak op appèl na die Arbeidsappèlhof geneem. Hierdie Hof bevind dan dat die werknemer stilswyend ingestem het om langer as die normale aftree-ouderdom te werk en dit aan die werknemer oorgelaat het om die nuwe aftree-ouderdom te bepaal. Die Hof bevind dus dat daar niks onbillik of onwettig met so ‘n reëling was nie.

Werkgewers: Neem advies 

Dit is beter om voorbereid te wees en voorkomend op te tree. Die regskostes en nagevolge kan ‘n mens duur te staan kom. Ons howe is geneig om streng op te tree waar enige vorm van outomatiese onbillike arbeidspraktyk bevind word. Verkry dus advies oor jou posisie sowel as die posisie van jou werknemers.

  • Maak seker dat die beleid oor aftrede duidelik en in plek is.
  • Maak seker dat jou nuwe dienskontrakte die verpligte aftree-ouderdom bevat.
  • Indien jou huidige dienskontrakte nie ‘n aftree-ouderdom stipuleer nie, moet jy dit nou met die werknemers ooreenkom. Onthou dat jy nie eensydig so ‘n klousule op jou werknemers kan afdwing nie.
  • Indien jy ‘n werknemer versoek om by jou maatskappy aan te bly nadat hy reeds die aftree-ouderdom bereik het, moet jy vanuit die staanspoor ‘n nuwe aftree-ouderdom met hom ooreenkom of ‘n ander reëling hieroor tref. Beide partye moet egter duidelikheid hê oor die reëling om enige onsekerheid of toekomstige litigasie uit te skakel.

Werknemers se regte 

Enige vorm van onregverdige diskriminasie word deur ons arbeidsreg verbied. Jy geniet beskerming teen direkte of indirekte diskriminasie op enige arbitrêre gronde. Dit sluit in beskerming teen diskriminasie as gevolg van ras, geslag, etniese of sosiale oorsprong, kleur, seksuele oriëntasie, ouderdom, enige vorm van gestremdheid, geloof, oortuiging, politieke opinie, kultuur, taal, huwelikstatus of familieverpligtinge.

© DotNews, 2005-2013. Hierdie is ‘n algemene inligtingstuk en moet gevolglik nie as regs- of ander professionele advies benut word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u regsadviseur vir spesifieke en toegepaste advies.

Compulsory retirement: When is it age discrimination?

G&T_RetiredAge discrimination is an automatically unfair labour practice.  So if a dismissal is based on an employee reaching retirement age, the employer is going to have to prove that the employee has reached the employer’s “normal” or “agreed” retirement age.

In practice it must convince the court of two things:

  1. That it does in fact have a retirement policy in place, and
  2. What that policy is.

In an illustrative case recently before the LAC (Labour Appeal Court), the facts were these:

  • A Group Financial Director was informed when he turned 60 (the company’s retirement age) that his employer wanted him to stay on, and that “the normal notice period will apply in the event that we would like you to go on retirement”.
  • Two years later he was given notice to retire.  This amounted, the parties agreed, to a dismissal based on the employee’s age.
  • He took the matter to the Labour Court claiming to be entitled to work until 65.
  • The Labour Court awarded him maximum compensation of 24 months’ remuneration, holding that the dismissal was automatically unfair.

The LAC disagreed, finding instead that the employee had “tacitly agreed to work beyond the normal retirement age and left it to the [employer] to determine the retirement age or date on notice to the [employee]”.  There was, held the Court, nothing unfair or unlawful in that.

Employers: Take advice

Avoid doubt and costly dispute (the cost to you could be high – our courts take a particularly dim view of “automatically unfair” labour practices).  Take advice on steps to secure and clarify both your position and that of your employees.  For example:

  • Have a clear retirement policy in place,
  • Stipulate a compulsory retirement age upfront in all new employment contracts,
  • If your existing employment contracts don’t stipulate a retirement age, negotiate one now (it must be negotiated – you cannot unilaterally impose a new term like this on employees),
  • Either specify upfront a procedure to be followed if an employee is asked to stay on after reaching retirement age, or take advice at the time on a new agreement to avoid uncertainty and the potential for litigation.

Employees: Your rights 

Don’t take any form of discrimination lying down – our law protects you from unfair discrimination, direct or indirect, “on any arbitrary ground, including, but not limited to race, gender, sex, ethnic or social origin, colour, sexual orientation, age, disability, religion, conscience, belief, political opinion, culture, language, marital status or family responsibility.”

© DotNews, 2005-2013. This article is a general information sheet and should not be used or relied on as legal or other professional advice. No liability can be accepted for any errors or omissions nor for any loss or damage arising from reliance upon any information herein. Always contact your legal adviser for specific and detailed advice.

Kan jou prokureur jou verteenwoordig by die KVBA en spesifiek by verhore oor onbillike ontslag?

G&T_ProkureurDie Kommissie vir Versoening, Bemiddelling en Arbitrasie (KVBA) se reëls laat in die algemeen regsverteenwoordiging toe tydens arbitrasies, met een belangrike en algemene uitsondering.Wanneer die dispuut handel oor die billikheid van ‘n ontslag as gevolg van óf wangedrag óf onbevoegdheid van die werknemer, bepaal die reëls dat jy nie op regsverteenwoordiging geregtig is nie. Die voorsittende kommissaris beskik wel oor ‘n diskresie om regsverteenwoordiging toe te laat indien:

  • Die kommissaris en al die partye daartoe toestem, of
  • Die kommissaris bevind dat dit “onredelik” sou wees indien jy verplig sou word om die dispuut op jou eie en sonder regsverteenwoordiging te hanteer.

In ‘n onlangse beslissing van die Hoë Hof, is hierdie verbod op regsverteenwoordiging as ongrondwetlik en arbitrêr bevind.

Die Hof skort hierdie bevel van ongrondwetlikheid vir ‘n periode van 3 jaar op, sodat die relevante reël vervang kan word. Let wel dat die nuwe reëls nie voorsiening hoef te maak vir onbeperkte regsverteenwoordiging nie – die nuwe reël sal daarom waarskynlik steeds beperkings op regsverteenwoordiging daarstel, maar wel ‘n wyer diskresie aan die kommissarisse verleen.

Die geldende posisie

Beteken dit dat jy nou outomaties geregtig is op regsverteenwoordiging tydens hierdie tipe arbitrasie? Die antwoord is steeds nee.

Die Hof het die verklaring van ongeldigheid vir eers opgeskort. Die kommissarisse kan gevolglik voortgaan om die bestaande wetgewing en inperking op regsverteenwoordiging toe te pas. In die lig van hierdie uitspraak sal kommissarisse waarskynlik meer geneë wees om regsverteenwoordiging by die arbitrasie van arbeidsaangeleenthede toe te laat. Buiten dat jy regsverteenwoordiging kan versoek moet daar onthou word dat jy egter oor geen waarborg beskik dat regsverteenwoordiging toegelaat sal word nie.

© DotNews, 2005-2013. Hierdie is ‘n algemene inligtingstuk en moet gevolglik nie as regs- of ander professionele advies benut word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u regsadviseur vir spesifieke en toegepaste advies.

Unfair dismissal and CCMA hearings – Can your lawyer represent you?

G&T_ProkureurAlthough the Commission for Conciliation, Mediation and Arbitration’s (CCMA) rules generally allow you to have legal representation in arbitrations, there is one important and common exception.Where the dispute is about the fairness of a dismissal related to either misconduct or incapacity, the default position is that you are not entitled to be represented by a legal practitioner. The commissioner in each matter has a discretion to allow such representation, but only if either:

  • The commissioner and all parties consent, or
  • The commissioner concludes that it is “unreasonable” to expect you to deal with the dispute without legal representation.

In a recent High Court decision this restriction – as currently worded – has been found to be arbitrary and unconstitutional.

Critically, though, the Court suspended the declaration of constitutional invalidity for 3 years to enable the relevant rule to be replaced, and noted that the rules need not provide for an unrestricted right to legal representation – so even the new rule will most likely contain restrictions (and a discretion for commissioners).

The current position

So do you now have an automatic right to legal representation at your arbitration? The answer is unfortunately still “no, you don’t”.

The Court’s suspension of its declaration of invalidity means that individual commissioners are, for now at least, still free in law to apply the existing restrictions. Whilst some commissioners may in practice be more ready now than in the past to allow you legal representation in arbitrations, and whilst you should certainly ask for it, you are by no means guaranteed to get it.

© DotNews, 2005-2013. This article is a general information sheet and should not be used or relied on as legal or other professional advice. No liability can be accepted for any errors or omissions nor for any loss or damage arising from reliance upon any information herein. Always contact your legal adviser for specific and detailed advice.